Friday, September 27, 2013

For Your Opinion: Rou - an Afrikaans Horror Short Story

Hey everyone, yep, the post-title just about explains what you'll be getting from me today. :-)

I wrote this a couple of months ago after the first two paragraphs popped into my mind, and when that happens - well, I just had to write it. ;-)

Since Afrikaans isn't my home language, there'll be plenty of grammatical and spelling errors in this piece, which I'll fix in due course; what I need from you is:

a) Did you like it / Did you not like it?
b) Is there anything I could improve on?

And whatever other thoughts you might have regarding 'Rou'. :-) It's my first foray into Afrikaans fiction, and since I'm a Horror / SF / Fantasy writer, 'Rou' is what I've got for you.

Hope you like it!

Rou

Ek was toe verkeerd.

Die flamme lek aanhoudend teen die venter en die dun muur en almal buite wat geskree en gegil en gehuil  het, het nou stil geword. Lyk my die dorp het die stilte van die dood gevat en sy eie gemaak.

Ja, ek was verkeerd. Maar dis net die details wat ek nie reg gehad het nie - lyke in die straate, geboue wat brand en stukkie-vir-stukkie breek en pad-toe val. Die eind-punt bly die selfde – hulle  het nie geluister nie, hulle het besluit om doof te bly en 7de Laan te kyk en te se, 'Dit wat daar buite aan gaan het niks met ons uit te waai nie'.

En kyk nou - nou gaan elk een van ons alles verloor. Ek wens ek was reg - dinge sou dan nie so erg gewees het nie. Dit sou vining verby gewees het en Zuma sou op TV gepraat het en almal sou more werk toe gegaan het en… Wel, ja, man. Nie al hierdie kak nie.

Ek staan eindelik op, my hemp nat en klouend, en hoes ‘n paar keur om die slym uit my bors te kry. Ek spoeg en die nat klossie sizzle waar hy spat van die vlamme se hitte. Dis verby tyd om hier uit te kom.

‘n Stukkie van die venster klap soos ‘n skoot en fyn, geelirige glas-skerwes val op die mat voor die ventser – my ma het die mat vir my gekoop want ek’t so baie kaalvoet rond geloop; nou sal ek my voete fucked-up­ sny as ek dit try.

Ek kyk rond, skud my kop en vloek saggies. Alles wat kan breek was gebreek toe daai klomp hier in-gestrompel het – die ge-moanery het my wakker gemaak maar ek het net genoeg in my gehad om my kop so bietjie te lug en te kyk deur skreefies-oe en dan weer uit-te-paas. Hulle het my uitgelos, soos ek geweet het hulle so, maar in die soektog vir iets om te eet het hulle als gebreek en gegooi en stukkend getrap. Ek dink ek het die boom gehoor van my ys-kas toe dit omgekeer was. Pa gaan my bliksem.

Ek lag. “Pa is seker fokken dood, jou idiot.” Fok, almal wat ek ken is seker dood.

Nog ‘n crack en die venter val in, die hitte van die honger vuur trek soos ‘n invisible wolk in die kamer in en ek squint en vloek van die sudden-sweet tap van my sye af. Ek draai om en vee my hand oor my gesig – my ander hand werk nogsteeds nie soos wat die moet nie- en strompel na die spasie toe waar die deur was. Die ding le in drie stukke, gebreek deur vuiste en tande en skoppende voete.

Ek stap verby die stukke, in die gang af, op pad na die flat se ingang –dankie, Ma, dat jy vir my ‘n kamer op die grond-vloer gekry het- en die vuur brul en raas soos wat alles wat myne was vlam vat.

Oomblikke later stap ek tussen die gebuigde dubbel-deure uit en ek’s in lug wat ek weer kan in-asem – die rook is agter-langs my, en nou ryk ek die heavy, klouende reuk van liggaame en petrol wat brand.

Dit lyk as of ‘n oorlog op die straat buite my flat uit gebreek het. Gee nie om wat die government alles verander het nie – dis Kerk Straat hierdie. Ek lek my lippe, skud my kop, gee ‘n klein laggie. Nee, dis nie meer Kerk Straat nie.

Dis nie eers meer Pretoria, of Suid Afrika nie.

Een van daai moerse Coke-trokke staan dwars oor drie bane, met wat lyk soos ‘n Isuzu bakkie en ‘n Ford Fiesta onder-in en tussen die wiele gevrommel. “Lucky…” begin ek se, en my stem val weg, die gedagte nogsteeds in my kop van wat ek wil se maar ek kry net nie die word nie. Daar le ‘n paar twee-lieters in die pad, sommiges oop-ge-blaas, maar verder het almal die Coke uit gelos. Ek begin giggle, ek kan dit nie help nie – of mense drink nie meer nie of mense is nie meer dors nie. Take your pick.

Buiten die trok staan karre ooral, met swart curve-streepe wat agtertoe wys en stadig verdwyn teen die swart van die teer. Vensters is uitgeslaan, die spider-web-kraake hier en daar in rooi en pienk gemerk tussen stukkies vel. Nie een enkele lyk nie – nee, nie meer nie.

Dis nie soos wat ek in die movies gesien het nie – daar’s nie papiere wat ooral rondle nie, ook nie asof mense skielik mal gegaan het en besluit dat alles wat binne-in asblikke was nou moet uit. Daar’s net ge-vokte karre en stukke glas en die reuk van dooies en brandende petrol. Kerk Straat het sy gat gesien.

Maar ek kan hulle hoor – seker twee of drie bloke verder af, dalk oorkant die Unie-gebou. Miskien het hulle bymekaar gekom op die groot gras-perk om saam hulle hongerte uit-te-moan. Ek begin in die teenoorgestelde rigting stap – ek’s  nog nie reg vir daai klomp nie.

Ek kyk rond soos wat ek stap, maar als wat ek sien swem inmekaar in totdat daar net ‘n blur van rook-bloed-karre is. My kop begin tol met snaakse dinge – ek weet ek sien bakkies en trokke en bikes maar ek kanie die model-naame onthou nie, ek wat ‘n mechanic was, ek wat so baie bikes gery het dat ek nie almal kan onthou nie. Ek kom tot by ‘n robot wat groen wys en loop oor en op die lig-paal oorkant die pad is daar goed vas-geplak met woorde op, maar ek kan dit nie lees nie. ‘n Stemmetjie in my kop, soos ‘n iriteerende Poedel se blaf, se aanhoudend, ‘Daar’s iets verkeerd, Tjomma, jy’s besig om dit te verloor, jy moet mos kan onthou wat woorde is, jy’s ge-swat, man!’ maar soos wat ek verder trap word hierdie problem minder van ‘n problem, want… Wel, ja.

Wanneer dit begin, voel ek dat my dood-arm weer lewe begin kry.

Ek voel hoe die wind die haartjies laat reg-op staan; ek clench my hand in ‘n vuis in, wiggle my vingers los, clench weer. Die pyn van die byte is weg – die brand wat seker ‘n infeksie was is ook weg. En my maag voel hol en leeg en throb soos ‘n vinger wat hammer-raak gekap was. My bene voel weird, as of die joints heeltemal te los is, asof ek soos ‘n alien my knee in ander rigting kan buig. My mond word warm-nat van spoeg en ek besef –nadat my wange seer-styf word- dat ek op my tande kners.

Nee. Dat ek aanhoudend kou.

Ek weet wat gebeur – ‘n klein stukkie van my weet, anyway. En al is dit te laat en al weet ek dat ek iets kon gedoen het om wat met my, en wat met die hele land, gebeur, maak dit nie meer saak nie.

Niks maak meer saak nie. Nie naam-veranderinge nie, nie service-delivery nie, nie rasisme of arm wittes of belasting of Zuma nie; TV’s sal in TV-kamers bly speel todat die krag af gaan maar teen daai tyd sou 7de Laan lankal van die air af wees; niemand sal meer worry oor toll-geld of die petrol prys nie; niemand sal meer op die nippertjie jag om Kers-geskenke en dagboeke en handboeke te koop nie; niemand sal meer road-rage ervaar of voel nie. Niemand sal meer rou nie,

Daar sal net een ding wees, een ding wat almal gaan oorneem, en ding waarop almal gaan fokus.

Ek hoor die gehuil voor ek by die kind uit kom – en ek kan nogsteeds genoeg dink om te besef dat hierdie huil al lank aan die gang was, dat wat ek nou hoor net ‘n gebreekte-hart snuk-snuk is. Ek loer deur die kar se agter-ruit en sien haar – sy kanie meer as ses-jaar oud wees nie, met donker haartjies. Haar ma het te minste vir haar anngetrek voor sy dood was – ‘n jean met Jet-sneakers en ‘n kort-mou pinek bloesie.

Ek dink sy hoor vir my, want sy draai om, haar oe word groot en sy skree, en in daai oomblik onthou ek die ding wat my gebyt het, die kind met die groot oe en die gaapende mond en bloedige tande en handjies wat aan my vas-geklou het. Ek onthou hoe kwaad ek was, hoe bang, ook. Ek onthou hoe ek die seuntjie opgetel het en vas-gedruk het en heeltyd gese het, “Shhh, shhh, dis ok, als is ok, niemand sal jou meer seer maak nie,’ maar soos met baie ander dinge in my lewe het nie verstaan wat gebeur het nie, het ek nie gesien wat aan die gang was tot dit te laat was nie.

Hy was mos buite ‘n hospital, en daar was ouens –nurses or dokters, ek weet nie- wat aan gehardloop gekom het, maar toe hulle my met hom sien toe stop hulle, en dis toe hy my byt. Clamp, tande diep in my arm in, en pyn-pyn-pyn soos wat ek nooit gevoel het nie, en toe stamp ek die seuntjie weg terwyl ek skree en vloek en agter-toe skarrel.

My ouers het my kom sien, en ek’t vir hulle gese, “Daar was iets vout met hom, verstaan julle nie? Hy’t een of ander infeksie gehad, iets wat hom mal gemaak het, en julle weet mos hoe kak ons hospitaale is! Watookal dit is gaan uit kom, dit gaan verspry!” Ek het vir hulle gewaarsku maar hoekom sou hulle luister? Shit soos did gebeur mos in Hollywood, man, op die silwerdoek.

So ja, ek was verkeerd. Dit was erger as wat ek gedink het. En nou stap ek om die kar, na die naaste deur toe. Die dogtertjie gil en gil en gil en dit vat my ‘n hele paar tries voor ek die deur oop het.

Die hol-kol in my maag is massive nou, dis al waaroor ek kan dink, al waaroor ek worry, want die enigste ding wat al die res van ons oor worry is nou deel van my – dit neem oor vinniger as wat ek gedink het dit kon.

Ek mind nie eers meer die skree nie, want ek is te honger. Ek wil net die leemte in my vol maak, en hierdie gillende dingetjie is presies wat ek nodig het.

Ek vang een been soos wat dit na my toe skop, en ek trek die ding nader.

Ek is so honger.

Copyright Dave de Burgh 2013


Hope you have yourselves and epic weekend! :-)

2 comments:

  1. Dave, Wow, WOW!!! Very fast paced en jy kan nie ophou lees nie!!! Jy het some serious talent!!! So proud X

    ReplyDelete